Skip to content
Lwbsimposium

LBW: Ons was daar – foto’s van die 2019-grondsimposium

Die Witzenberg Partners in Agri Land Solutions (Pals)-inisiatief is in 2014 van stapel gestuur as ’n boeregedrewe grondhervormingspoging. Ná vele suksesse in dié distrik was dit ’n natuurlike keuse om Landbouweekblad en Pals se grondsimposium buite Ceres in die WesKaap aan te bied. Die hoofborge was FNB, Afgri en Hortgro.

Meer as 400 boere, gaste, sakelui en bedryfsleiers het die simposium by die Kaleo-gasteplaas bygewoon om na 55 sprekers se praktiese advies en perspektief op suksesvolle grondhervorming en bemagtiging in die landbou te luister. Bekendes in die landbou, leierboere, sakelui, begunstigdes van grondhervorming, politici en ook mense wat eenvoudig na oplossings wou luister en moed kom skep, het die geleentheid bygewoon.

LBW Ons was daar
LBW | Ons was daar

Back To Top