Skip to content

Huisgenoot: Bied mentorskap aan nuwe boere

Volgens Witzenberg PALS se suksesresep “boer die suksesvolle boer met geslagte se ervaring ’n ruk saam met die opkomende boer tot die gemoedsrus ontstaan dat die onderneming suksesvol is”.

Gerrit van Vuuren (middel, wynrooi trui) van Witzenberg Partners in Agri Land Solutions, by die oorhandiging van die titelakte van ’n plaas naby Ceres.

Die suksesvolle Witzenberg Partners in Agri Land Solutions is ’n privaat projek wat in vennootskap met die plaaslike gemeenskap en owerheid deur boere in die Witzenberg-distrik in die Wes-Kaap bedryf word.

“Die afgelope vier jaar het ons sonder staatshulp 14 projekte geïmplementeer waarby ongeveer 7 000 ha betrokke is,” sê GERRIT VAN VUUREN, een van die argitekte van die projek. “Hiervolgens is plase oorgedra aan swart begunstigdes of swart maatskappye, of maatskappye waarin swart boere ’n wesenlike belang het.”

Hy sê die gemeenskap is betrek sodat mense met ’n passie vir boerdery tasbare geleenthede vir die toekoms kon sien. “Dis een ding om vir iemand grond en selfs trekkers te gee; dis ’n ander om hulle sonder ondersteuning te los om te boer.

Volgens Witzenberg PALS se suksesresep “boer die suksesvolle boer met geslagte se ervaring ’n ruk saam met die opkomende boer tot die gemoedsrus ontstaan dat die onderneming suksesvol is”.

Huisgenoot Artikel20180816

Back To Top